Back to stories list

Zama is oulik! Zama is great!

Written by Michael Oguttu

Illustrated by Vusi Malindi

Translated by Willemien Wannberg

Read by Willemien Wannberg

Language Afrikaans

Level Level 2

Narrate full story

Reading speed

Autoplay story


My boetie slaap baie laat. Ek word vroeg wakker, want ek is oulik.

My little brother sleeps very late. I wake early, because I am great!


Ek is die een wat die son inlaat.

I am the one who lets in the sun.


“Jy is my oggendster,” sê Mamma.

“You’re my morning star,” says Ma.


Ek was myself, ek het nie hulp nodig nie.

I wash myself, I don’t need any help.


Ek kan regkom met koue water en blou lekkerruik seep.

I can cope with cold water and blue smelly soap.


Mamma herinner my: “Moenie vergeet om jou tande te borsel nie.” Ek antwoord: “Nooit, nie ek nie!”

Ma reminds, “Don’t forget teeth.” I reply, “Never, not me!”


Nadat ek gewas het, groet ek vir Oupa en Tannie en wens hulle ‘n goeie dag toe.

After washing, I greet Grandpa and Auntie, and wish them a good day.


Dan trek ek myself aan. “Ek is nou groot, Mamma,” sê ek.

Then I dress myself, “I’m big now Ma,” I say.


Ek kan self my knope en my skoene vasmaak.

I can close my buttons and buckle my shoes.


Ek maak seker dat my boetie al die nuus van die skool af hoor.

And I make sure little brother knows all the school news.


In die klas doen ek my bes in alles.

In class I do my best in every way.


Ek doen elke dag al hierdie goeie dinge, maar waarvan ek die meeste hou, is om te speel en te speel!

I do all these good things every day. But the thing I like most, is to play and play!


Written by: Michael Oguttu
Illustrated by: Vusi Malindi
Translated by: Willemien Wannberg
Read by: Willemien Wannberg
Language: Afrikaans
Level: Level 2
Source: Zama is great! from African Storybook
Creative Commons License
This work is licensed under a Creative Commons Attribution 3.0 International License.
Options
Back to stories list Download PDF